
Welkom by Gereformeerde Kerk Oos-Moot
'n Plek waar geloof, gemeenskap en genade saamkom om God te verheerlik deur Woord en daad.
Adres
31ste Laan 716
Villieria, Pretoria
Suid-Afrika
Eredienste
Oggenddiens - 09:00
Aanddiens - 18:30
Kontak
Kerkkantoor: [email protected]
Nuutste Eredienste
Geen dokumente beskikbaar nie.
Geskiedenis van die Gemeente
Gereformeerde Kerk Oos-Moot glo en bely God Drie-enig as Skepper, Verlosser en Heiligmaker. Die Bybel, as die onfeilbare Woord van God, is die basis van ons geloof. Die leer van die Bybel word saamgevat en uitgedruk in die belydenis, met name die Heidelbergse Kategismus, die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls.
Die gemeente word deur Christus vergader, beskerm en onderhou. Jesus Christus roep ons op om aan Hom en ons medegelowiges diensbaar te wees met die gawes wat Hy skenk. Ons wil op alle lewensterreine aktief gereformeerd wees en Christus se liefde as 'n lig in die donker wêreld uitstraal.
Gereformeerde Kerk Oos-Moot is 'n plaaslike kerk binne die kerkverband van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika. Die gemeente het in 1966 onder die genadige sorg van die Here in die Pretoriase Mootgebied tot stand gekom.
Nuutste Eredienste en Preke
Bly op datum met die nuutste eredienste, preke en kerksessies via ons YouTube-kanaal.