Oor Gereformeerde Kerk Oos-Moot

Wie is ons?

•    'n Gereformeerde kerk wat in verband saamleef met die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.
•    'n Woordgebaseerde, op Godgerigte gemeente in afwagting van die koms van ons Koning en Verlosser Jesus Christus.
•    Deur genade alleen die liggaam van ons Hoof, die Here Jesus Christus; met baie lede wat elkeen 'n plek in die liggaam het met hulle verskillende gawes en talente.
•    Kinders van ons hemelse Vader deur die soenverdienste van ons Here Jesus Christus.
•    Broeders en susters in Jesus Christus.
•    'n Dankbare Christengemeente wat ons lewe as 'n lewende dankoffer wil inrig volgens ons Vader se wil.

Wat glo ons?

Apostoliese Geloofsbelydenis:
1.    Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.
2.    En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
3.    wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;
4.    wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel;
5.    wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood;
6.    opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
7.    waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
8.    Ek glo in die Heilige Gees.
9.    Ek glo aan 'n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
10.    die vergewing van sondes;
11.    die opstanding van die liggaam
12.    en 'n ewige lewe.

Wat doen ons?

•    Ons predikant en besoekende predikante is manne van God wat die Christelike leer van die Bybelse openbaring so suiwer en Skrifgetrou as moontlik verkondig.
•    Ons poog om relevant te bly in die dinamiese samelewing deur op hoogte te bly van gebeure, deur die bril van die Woord daarna te kyk en dit so aan te spreek
     en ons is geroep om God se wil in alles te soek.
•    Ons gee om vir mekaar en ander deur die middele wat God gee, aan te wend tot opbou van mekaar en na mense in nood om te sien.
•    Ons is deur middel van ons kommissies op die sendingveld betrokke om God se Woord na alle nasies en tale uit te dra, veral in ons eie omgewing.
•    Ons is intensief betrokke by die opvoeding van ons gemeente se kinders deur middel van katkisasie en jeugaksies.