Apostoliese geloofsbelydenis

Apostoliese geloofsbelydenis

(of Twaalf Artikels van die algemene ongetwyfelde, Christelike geloof) Die Christelike Kerk noem hierdie Belydenisskrif die Apostoliese Geloofsbelydenis, alhoewel die apostels dit nie opgestel het nie. Reeds vanaf die 2de eeu het dit sy ontstaan gehad en het verder ontwikkel totdat dit ongeveer die 4de eeu sy finale beslag gekry het (NGB, art.9).

  1. Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.
  2. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
  3. wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;
  4. wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel;
  5. wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood;
  6. opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
  7. waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
  8. Ek glo in die Heilige Gees.
  9. Ek glo aan 'n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
  10. die vergewing van sondes;
  11. die opstanding van die liggaam
  12. en 'n ewige lewe.